🏡 Taalhuis 🇿🇦 Die Punt ✍️ Die Skrywer 🎨 Die Kunstenaar 📰 Die Koerant 🎤 Die Stem 🎓 UvdL 📻 Die Radio
Sakkie Spangenberg

Sakkie Spangenberg

Nie-fiksie • South Africa

Izak Jacobus Johannes “Sakkie” Spangenberg (gebore 1951) is ’n bekende Suid-Afrikaanse teoloog, akademikus en ou-testamentikus, veral bekend vir sy kritiese benadering tot Bybeluitleg en sy skeppende betrokkenheid by die teologiese gesprek in Afrikaans en Engels. Hy het grootgeword in Germiston en daarna teologie aan die Universiteit van Stellenbosch studeer waar hy ook sy honneurs- en meestersgraad voltooi het. Hy het sy doktorsgraad oor die Bybelboek Prediker by die Universiteit van Suid-Afrika (UNISA) voltooi en daarna ’n uitgebreide akademiese loopbaan opgebou.

Spangenberg is vir baie jare professor in Ou Testament en Bybelkunde aan UNISA, waar hy navorsing gedoen het oor hermeneutiek (Bybeluitleg), Israelitiese literatuur, die Tweede Tempeltydperk, wysheidsliteratuur, en die verhouding tussen geloof en moderne kulturele kontekste. Hy het in 2016 amptelik afgetree, maar bly steeds aktief as emeritusprofessor en navorsingsgenooide. Spangenberg se werk is nie sonder kontroversie nie — hy het publiek debatte gevoer oor die aard van godsdiens, die interpretasie van Jesus en die Bybel, en die rol van tradisionele doktrines binne moderne samelewings. Sommige tradisionele Christelike groepe het sy sienings uitgedaag, veral oor temas soos die ewige waarheid, die godheid van Christus en hermeneutiese raamwerke.

Foto Galery

Publikasies

Die Byble, Die Christelike Godsdiens en die waarheid
Die Byble, Die Christelike Godsdiens en die waarheid
Naledi
2026
Boek
R295.00
Die wêreldwye Covid-19-pandemie (2020–2021) het die vraag “Hoe weet ons wat die waarheid is?” opnuut na die oppervlak gedwing. Tydens die grendelperiode was daar uiteenlopende menings en hipoteses in omloop oor die oorsprong van die virus en hoe die siekte behandel behoort te word. In hierdie tyd skryf Barnard Beukman, redakteur van die oggendkoerant Beeld, ’n baie nugter artikel met die titel “Dink jou eie waarheid uit.” Hierin lê hy klem op rasionele denke en dat mense ag moet slaan op kundiges se standpunte. Elkeen kan nie maar net sy of haar eie waarheid uitdink en verkondig nie.

Hierdie artikel en die onderwerp wat dit bespreek, het die vonk voorsien vir die skryf van die boek Die Bybel, die Christelike godsdiens en die waarheid.

Daar is Christene wat ’n onderskeid tref tussen geloofswaarheid en wetenskaplike waarheid en dan argumenteer dat geloofstandpunte en -uitsprake nie aan rasionele ondersoek onderwerp kan word nie.
Sedert die ontstaan van die Christelike godsdiens het teoloë egter met rasionele denke en argumente die godsdiens verdedig en leerstellings geformuleer. Dit kan dus nie verkeerd wees om die waarheidsaansprake van die Christleike godsdiens rasioneel te beoordeel nie. Hierdie boek doen presies dít en vra gevolglik die kritiese vraag: “Kan ons alles presies só glo soos voorgeslagte dit geglo het?” Na vyftig jaar se betrokkenheid by die onderrig van Bybelkunde en die Teologie asook navorsing op hierdie terreine, gee die skrywer ’n eerlike en openhartige antwoord op hierdie vraag.
Taal:Afrikaans
Bladsye:278
ISBN:978-1-0672342-7-0
Uitgewer:Naledi
Jaar:2026
Bybelstories in PErspektief
Bybelstories in PErspektief
Naledi
2026
Boek
R200.00
Sakkie Spangenberg hervertel enkele bekende Bybelstories en probeer om op ’n nuwe manier iets te sê van die aarde waarop ons leef en die heelal waarvan ons deel is. Hy doen dit deur telkens twee stories te vertel – eers ’n baie ou Bybelse storie en dan ’n nuwe wetenskaplike een. Tussendeur verwys hy ook graag na David Kramer se lied getiteld “Die ou aarde”. Hy hoop dat die stories en die lied kinders met nuwe oë na die aarde en alles daarop sal laat kyk.

OUDERDOM: 12+

****

Sakkie Spangenberg retells a few well-known biblical stories and endeavours to say something new about the earth on which we live and the universe of which we are a part. He does this by narrating two stories each time – first a very old biblical story and then a scientific one. In between, he refers to David Kramer’s song “Die ou aarde” (‘The old earth’). He hopes that the stories and the song will assist children to look afresh at the earth and everything on it.

AGE: 12+
Taal:Afrikaans
ISBN:9781928530220
Uitgewer:Naledi
Jaar:2026

Het Saamgewerk Met

Universiteit van die Lewe Kursusse

Sakkie Spangenberg bied die volgende kursusse aan by die Universiteit van die Lewe

Stuur 'n Boodskap

Kontak Sakkie Spangenberg direk. Jou boodskap sal per e-pos gestuur word.

🏡 Taalhuis 🇿🇦 Die Punt ✍️ Die Skrywer 🎨 Die Kunstenaar 📰 Die Koerant 🎤 Die Stem 🎓 UvdL 📻 Die Radio